Minstens 45 varkvrektes is reeds in die George- omgewing in die Wes-Kaap aangemeld ná ‘n nuwe uitbreking van Afrika-varkpes in die distrik. Die uitbreking is verlede week onder kleinboere aan die buitewyke van Groeneweidepark aangemeld.
Dit is die vierde uitbreking van varkpes in die Tuinroetegebied sedert 2022. Vantevore is uitbrekings ook in KwaNonqaba en Mosselbaai aangemeld. Albei is opgelos. ‘n Uitbreking in Thembalethu in 2022 bly egter steeds ‘n bron van kommer, sê die Wes-Kaapse departement van landbou.
Sowat 250 varke is steeds in die geraakte gebied.
“Die gebied is onder kwarantyn geplaas en inwoners word gevra om geen varke of varkprodukte uit die gebied te neem nie om die verdere verspreiding van die siekte te verhoed.”
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent