AfriForum het Donderdag bekend gemaak dat altesaam nege plaasaanvalle en twee plaasmoorde tussen 22 en 30 Julie in die land aangemeld is.
Maroela Media het egter intussen van ‘n derde plaasmoord berig, waar die liggaam van dr. Carel Nel Woensdag op sy plaas in die Biesiesvlei-omgewing in Noordwes gevind is.
Die aanvalle is hoofsaaklik in die Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Mpumalanga aangemeld.
Vier verdagtes het ook Donderdag in die landdroshof in Balfour verskyn vir die moord op die 71-jarige Theo Bekker en die aanval op sy vrou, Marlinda, op hul plaas in die Groenvlei- omgewing.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent