Archives

Weerdiens waarsku oor erge donderstorms oor MP, GP en KZN

Featured Ad


Ter illustrasie. Foto: Tania Botha

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het vanoggend ‘n waarskuwing uitgereik oor erge donderstorms wat vandag oor dele van Mpumalanga en Gauteng kan voorkom.

Die donderstorms kan van 15:00 tot middernag oor die suidelike dele van Mpumalanga en die suidelike dele van Gauteng voorkom. Die weerdiens het ‘n geel vlak 2-waarskuwing vir die storms uitgereik en waarsku dat die weerstoestande met swaar neerslae, groot hoeveelhede klein hael en erge wind kan gepaard gaan.

Die weerdiens sê oorstromings kan plek-plek voorkom, veral in laaggeleë dele, op paaie en oor brûe. Die toestande kan ook moeilike bestuurstoestande vir motoriste tot gevolg hê.

Die weerwaarskuwing vir Mpumalanga vir 22 November 2022. Bron: Suid-Afrikaanse weerdiens
Die weerwaarskuwing vir Gauteng vir 22 November 2022. Bron: Suid-Afrikaanse weerdiens
Die weerwaarskuwing vir Mpumalanga vir 22 November 2022. Bron: Suid-Afrikaanse weerdiens
Die weerwaarskuwing vir Gauteng vir 22 November 2022. Bron: Suid-Afrikaanse weerdiens

Intussen het de weerdiens vanmiddag ook ‘n waarskuiwing uitgestuur vir erge donderstroms oor veral die binneland van KwaZulu-Natal, met swaar neerslae wat plek-plek tot oorstromings kan lei, paaie kan oorstroom, eiendom kan beskadig en bestuurstoestande bemoeilik. Die weerdiens waarsku ook dat erge weerlig plek-plek kan voorkom, wat gevaarlik vir mens en dier kan wees en veldbrande kan veroorsaak.

Die weerdiens se waarskuwing or erge donderstorms oor KwaZulu-Natal. Bron: Suid-Afrikaanse weerdiens
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon