Archives

Voorvalle van bek-en-klouseer in Noordwes bevestig

Featured Ad


Die voorkoms van bek-en-klouseer op twee private plase naby Potchefstroom in Noordwes het die rooivleisbedryf ‘n harde slag toegedien.

https://agtag.co.za/category/14/post/30517

Dit is veral ontstellend dat dié voorvalle, anders as die ander gevalle die afgelope drie jaar, ver buite die beheerde gebied is.

Dr Mike Modisane, hoofdirekteur van diereproduksie en -gesondheid van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het in ‘n verklaring eienaars van alle lewende hawe gevra om enige moontlike tekens van die siekte onmiddellik by ‘n veearts, dieregesondheidstegnici of voorligtingbeamptes aan te meld.

Hy (Modisane) waarsku egter veeartse en mense betrokke by dieregesondheid om bedag te wees op die moontlikheid van bek-en-klouseer as diere siek raak. Hy vra ook dat veilings tydelik gestaak word totdat ondersoeke afgehandel is.

In die lig hiervan moet abattoirs diere deeglik inspekteer vir tekens van die siekte en hulle moet dit rapporteer as oormatige slym, beksere en diere wat moeilik loop, bespeur word. Hulle moet ook aandring op inligting oor die oorsprong van die diere en veeartsenysertifikate.

In die verklaring word produsente en hul bestuurders ook gevra om beamptes te ondersteun wat moontlike aanmeldings van die siekte ondersoek en aan veeartse verslag doen as hulle moontlike gevalle opmerk. Gevolglik is die direkteurs van veeartsenykundige dienste en hul personeel gevra om dringend op te tree as moontlike gevalle aangemeld word.

Suid-Afrika het in 2020 sy status as vry van bek-en-klouseer by die OIE verloor nadat die siekte in 2019 in Limpopo en daarna ook in KwaZulu-Natal voorgekom het. Die jongste uitbreking demp die vooruitsig van die rooivleisbedryf om sy status as vry van bek-en-klouseer te herwin.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon