Archives

Volhoubare water-alternatiewe

Featured Ad


Maroela Media – Volhoubare water-alternatiewe | Maroela Media

 

Daar is ʼn wanpersepsie dat die owerhede nog in staat is om ons watersekuriteit kan verseker. Die tyd het aangebreek dat elke individu en onderneming self verantwoordelikheid moet neem. Dit is ook waar die waterbedryf nou hande moet vat en die verbruiker moet inlig en onderrig oor die voordele en belangrikheid van volhoubare wateroplossings.

 

Die werklikheid is dat daar reeds soveel alternatiewe oplossings bestaan dat daar nie meer verskonings hoef te wees wanneer daar geen water in die krane is, plante en gewasse vrek, of toilette nie gespoel kan word nie.

 

Jou swembad as reservoir

 

Chloor- of soutwater is nie geskik vir direkte verbruik uit die swembad nie, maar deur behandeling met ʼn ultravioletlig (UV) kan jou swembad in ʼn varswaterbad omskep word. Jou terugspoelwater kan tuin toe gaan sonder om die tuin te besoedel, en dit kan ook dien as noodwater.

 

Reënwater-oes

 

Daar is ʼn mite dat reënwater-oes baie min beteken in droogtetoestande. Reënwater kan dalk nie alleen die totale aanvraag van ʼn huis of onderneming bevredig nie, maar dit kan help om die druk op die reeds oorlaaide munisipale stelsel te verlig. Terwyl reënwater gebruik word, kry die munisipale stelsel kans om op te vang, en behoort daar dus meer water in die reservoirs beskikbaar te wees wanneer die tenk leeg is.

 

Gryswaterstelsels

 

Gryswater is water wat reeds in jou huis gebruik word – dit sluit die water van jou toilet uit wat bekend staan as swartwater (riool). Gryswater kan herverbruik word om toilette mee te spoel en of jou tuin nat te lei. Dit het egter ʼn baie slegte reuk wanneer dit gestoor of verbruik word. Dit maak dat mense hulle neuse optrek vir hierdie idee.  Met minimale behandeling kan hierdie probleem egter oorkom word.

 

Behandel al jou water en herverbruik dit

 

Soos met gryswaterstelsels, is daar sisteme wat geïnstalleer kan word om al jou water (beide grys en swart) te behandel op die terrein, en dan veilig te kan herverbruik om toilette mee te spoel en vir besproeiing.

 

Dit is egter belangrik om seker te maak dat die stelsel wat jy installeer geen negatiewe impak op die omgewing sal hê nie, en wel watersekuriteit bevorder.

 

Deur beide swart- en gryswater te behandel, kan elke gemeenskap in die land toegang hê tot spoeltoilette, sonder om ʼn enkele druppel drinkbare water te gebruik.

 

Meeste klein rioolaanlegte is nie geskik vir stedelike gebruik nie.  Daar is egter wel enkeles wat ontwerp is om ewe goed in stedelike en landelike gebiede te werk. Maskam Water se aanleg is die enigste aanleg wat van een huishouding tot gemeenskappe kan hanteer, van informele nedersettings tot hoë-inkomste landgoedere, van binne stedelike gebruik tot die mees afgeleë gebiede.

 

Om ʼn sukses te maak van die idee van volhoubare water en alternatiewe oplossings, gaan daar ʼn verandering in die denkpatroon oor hierdie oplossings moet wees. Ons moet ophou praat en begin doen. Ons watertoekoms is in ons hande.

 

Maskam Water is hier om te help. Maskam Water stal met trots by die eerste Sakeliga KragDag Wes-Kaap uit. Besoek ons by blok 49/50 en laat ons kundiges jou help om ʼn bekostigbare, langdurige en betroubare oplossing te vind.

 

Met die tema “Kom ons bou ʼn kragstasie!” bied hierdie selfstandigheids-ekspo kreatiewe oplossings vir beurtkrag en die energiekrisis. Dit bied ook oplossing, selfsorggereedskap en lewensveranderende tegnologie  vir opvoedkunde, veiligheid, voedselsekerheid en verskeie ander lewensterreine. Vir die boere maak die ekspo ook voorsiening vir landboutegnologie, implemente en produkte.

 

Bring jou hele gesin op 17 en 18 Februarie 2023 na Môreson-plaas buite Malmesbury vir hope pret en inspirasie. Voorafkaartjies is  beskikbaar teen 50%-afslag by kragdag.co.za. Gratis vir kinders tot 18 jaar.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon