Landbou.com – Voedseltekorte maak mense kwaad, waarsku ekonoom | Landbou
Die risiko dat lande nie genoeg voedsel kan produseer nie, raak al hoe groter, het mnr. Sam
Rolland, direkteur van die Sub Saharan Economist Intelligence Corporate Network, op Graan SA
se jaarkongres by Nampo ges.
“Wanner n bevolking honger i, is die mense kwaad en gevaarlik. Hulle stem met hul voete;
‘gewoonlik vir die party wat die hardste skree, maar nie noodwendig saam met die private sektor
sit om oplossings vir die krisis te vind nie.”
Die Suid-Afrikaanse landbousektor moet gelukgewens word dat hy die een sektor van die
plaaslike ekonomie is wat die meeste sedert die pandemie gegroei het, maar Suid-Afrika sal
steeds planne moet bedink om die gevaar van voedselonsekerheid in die komende jare die hoof
te bied.
“Ons het gesien wat gebeur het inn land 500s Peru, waar oeste laas jaar binne 11 maande met
19% ingekrimp het weens droogte en ho kunsmispryse. Stygende voedselpryse en politieke
ontstuimigheid het tot grootskaalse maatskaplike onrus gelei,” het Rolland gewaarsku.
Wat die Suid-Afrika se ekonomiese probleme betref, geskied die regering se finansigle
ondersteuning van Eskom teen n ho prys. “Ons sien ‘n regering wat nie meer beweegruimte het
om enigiets anders te finansier nie. Skuldvlakke gaan onvolhoubare viakke bereik.”
Dit is nie noodwendig net ongunstig nie, want die regering se onvermog om finansiering te
verskaf beteken ook dat hy nie in die pad van die private sektor kan staan as laasgenoemde die
voortou neem om ekonomiese vooruitgang aan te voer nie. As voorbeeld het Rolland genoem
hoe vinnig regulasies rakende die drempel vir private kragopwekking verander het en tot’n
massiewe toename in kragaanlegte by myne en groot maatskappye gelei het. “Die mark het die
aflosstokkie oorgevat en hy hardloop nou daarmee. Die regering kan nie byhou nie.”
Die landbousektor moet nou gevorderde tegnologiese vernuwing, soos kunsmatige intelligensie,
aanpak. “Ons landbousektor is bekend daarvoor dat hy nuwe tegnologie omarm en vroeg reeds
in boerdery toepas. Kom ons as sektor neem die voortou met die samewerking tussen innovasie
en tegnologie wat uiteindelik tot voedselsekerheid sal lei.”
Buy, Sell & Trade Agricultural & Heavy Equipment
Our Facebook Groups
© 2021 All Rights Reserved. AgriOnline Pty Ltd View Our Policies HERE