Archives

Voedselsekerheid in gedrang oor entstoftekorte

Featured Ad


Maroela Media – Voedselsekerheid in gedrang oor entstoftekorte | Maroela Media


Die Suid-Afrikaanse Rooivleisprodusenteorganisasie (RPO) het aangedui dat die voortgesette tekort aan entstowwe in die landbousektor tot ‘n ramptoestand in die rooivleisbedryf geleihet.


Volgens James Faber, voorsitter van die RPO, ly kommersiële en opkomende produsente ernstige verliese weens uitbrekings van bloutong wat tot 50%vrektes onder kuddes veroorsaak.


Die DA sê hy het ook talle klagtes van perdeboere ontvang oor perde wat weens Afrika- perdesiekte vrek. Perde en donkies speel ‘n ondersteunende rol in die produksieproses van rooivleis.


Entstowwe teen die siektes kan slegs deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) – ‘n staatsbeheerde instelling – vervaardig word en by OBP is daar nou al maande lank ‘n tekort aan sekere entstowwe. Dit word onder meer toegeskryf aan OBP se onvermoë om entstowwe te vervaardig weens toerusting wat nie in stand gehou word nie en dus breek. Die stukkende toerusting word ook nie herstel nie.


Lees volle berig op Maroela Media – Voedselsekerheid in gedrang oor entstoftekorte | Maroela Media

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon