Archives

Landboubegroting: ‘Geen ondersteuning aan kommersiële bedryf’

Featured Ad


Lanbou.com – Landboubegroting: ‘Geen ondersteuning aan kommersiële bedryf’ | Landbou

 

Planne om die krisis met entstowwe op te los is aan die parlement voorgehou. ‘n Begroting wat konsentreer op voedselsekerheid, transformasie in die landbousektor en veral hulp aan opkomende boere, is Dinsdag aan die parlement voorgelê toe Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, haar departement se begroting vir die 2023-24-boekjaar vir goedkeuring voorgelê het. Dié totale begroting is net meer as R17 miljard. 

 

Sy het onder meer gesê die begroting sal help om voedselsekerheid in Suid-Afrika aan te pak en het ook melding gemaak van vordering met die krisis met entstowwe.

 

Entstowwe – vordering só gemaak

Didiza het onderneem om te verseker daar kom stabiliteit by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP). “Ek was deel van die samesprekings tussen die OBP en ‘n wêreldleier in farmaseutiese produkte oor die moontlikheid om die OBP te help om entstowwe te vervaardig.

 

“Hierdie belanghebbende vanuit die private sektor het reeds die OBP besoek en op die oomblik word maatreëls gereed gekry om die OBP te help om noodsaaklike entstowwe te vervaardig.”

 

Didiza het in haar toespraak na Aspen verwys as die moontlike maatskappy.

 

“Ek is ook bewus van die dringendheid rondom entstowwe teen Afrika-perdesiekte en bloutong. Ek kan bevestig dat die registrateur en direkteur vir landbou-insettebeheer aansoeke vir bloutong-entstof ontvang het. Hierdie aansoeke sal versnel word om te verseker dat entstof dringend geregistreer word.”

 

Lees volle berig op Lanbou.com – Landboubegroting: ‘Geen ondersteuning aan kommersiële bedryf’ | Landbou

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon