Archives

  • Vloede: Ramptoestand moet noodlenigingsfinansiering en herbou van kritieke infrastruktuur versnel

Vloede: Ramptoestand moet noodlenigingsfinansiering en herbou van kritieke infrastruktuur versnel

Featured Ad


Pro Agri – Vloede: Ramptoestand moet noodlenigingsfinansiering en herbou van kritieke infrastruktuur versnel – ProAgri

 

Agri SA verwelkom die verklaring van ’n ramptoestand om die vloedskade in die Oos-Kaap, Mpumalanga, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, die Vrystaat en Noordwes aan te spreek.

 

Boere staar ongekende skade aan produkte, eiendom en lewensbestaan in die gesig, en gevolglik moet die verklaring opgevolg word deur die ontplooiing van hulpbronne om verligting aan boere te bied en kritieke infrastruktuur wat deur die vloede beskadig is, te herbou.

 

Die aankondiging, wat deur dr. Nkosazana Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gemaak is, volg op ’n week van swaar reënval, met nog reën wat vandeesweek verwag word. Benewens die skade aan private eiendom, het die oorstromings kritieke infrastruktuur vernietig. In dele van KwaZulu-Natal, waar vloede in 2022 reeds aansienlike skade aangerig het, is die gevolge katastrofies.

 

Ons doen ’n beroep op minister Dlamini-Zuma om maatreëls in plek te stel om die beskikbaarstelling van noodlenigingsfinansiering op ’n deursigtige en verantwoordbare wyse te verseker. Ons vertrou dat die betrokke portefeuljekomitee van die Nasionale Rampbestuursentrum (NDMC) en die kantoor van die ouditeur-generaal hul rol in dié verband sal speel.

 

Agri SA sal voortgaan om die situasie te monitor en lede ingelig gou deur die organisasie se samewerking met die NDMC. Ons moedig boere aan om impak-assesserings wat deur die onderskeie provinsiale rampbestuursentrums verskaf word, te voltooi om te verseker dat die skade wat weens die gure weer gely is behoorlik verreken kan word.

 

Bron: Agri SA

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon