Archives

Uitbreking van varkpes in Gauteng bevestig

Featured Ad


Landbou.com – Uitbreking van varkpes in Gauteng bevestig | Landbou

 

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het pas die uitbreking bevestig en gesê dat verdere ondersoeke tans plaasvind om te bepaal of ander eiendomme deur die uitbreking geraak word.

 

Plase in Gauteng, Noordwes en die Vrystaat is as ’n voorsorgmaatreël onder kwarantyn geplaas tot bevestig kan word dat varkpes nie teenwoordig is nie.

 

Die bron van die uitbreking is nog nie geïdentifiseer nie, maar daar is bepaal dat die uitbreking waarskynlik al vanaf middel Desember op die plaas teenwoordig was.

 

Die eerste uitbrekings van varkpes in voorheen varkpesvrye gebiede in Suid-Afrika het in 2019 plaasgevind en na verskeie ander gedeeltes van die land versprei. Volgens die departement het die verspreiding van die siekte afgeneem, maar nuwe eiendomme met uitbrekings is sedert Oktober verlede jaar geïdentifiseer.

 

Maatreëls om die verspreiding van die siekte te voorkom is kwarantyn en beperkings op die vervoer van varke, asook bewustheidsveldtogte oor noodsaaklike biosekerheidsmaatreëls om varkboere te help om hul varke teen besmetting te beskerm.

 

“Aangesien die nuutste uitbreking op ’n plaas met goeie biosekerheidsmaatreëls plaasgevind het, beaam dit weer hoe hoogs aansteelik hierdie siekte is,” lui ’n verklaring deur die departement.

 

Die departement maan varkboere om kontak tussen hul varke en ander diere te beperk. Besoekers aan plase moet ook nie naby aan varkhokke toegelaat word nie.

 

Enigiemand wat in kontak met varke was, moet hul hande voor en ná die tyd was. Voordat van een plaas na ’n ander beweeg word, moet mense ook verseker dat hulle deeglik gestort het en skoon klere, skoene en toerusting gebruik.

 

Enige vermoedens oor ’n moontlike uitbreking moet so spoedig moontlik by ’n staatsveearts aangemeld word. Die departement versoek varkboere om uiters oplettend te wees en enige toename in varkvrektes of ongewone simptome by ’n staatsveearts aan te meld.

 

“Alle varkeienaars word ook daaraan herinner dat ingevolge afdeling 11 van Wet 35 van 1984 is die eienaars van diere daarvoor verantwoordelik om die verspreiding van siektes vanaf hul diere, grond of ander eiendom te voorkom. Die belangrikheid van biosekerheid word weer benadruk, om jou eie diere te beskerm en die verspreiding na ander varke te verhoed.”

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon