Archives

TUT-wetenskaplike ontvang toelae vir navorsing oor kruie

Featured Ad


Landbou.com – TUT-wetenskaplike ontvang toelae vir navorsing oor kruie | Landbou

Prof. Alvaro Viljoen het ‘n toelae van meer as R8 miljoen van die nasionale navorsingstigting se nasionale toerustingsprogram ontvang vir navorsing oor medisinale plante.

Viljoen is ‘n B-gegradeerde wetenskaplike en direkteur by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) se departement farmaseutiese wetenskappe se navorsingseenheid vir kruiemiddels.
Die toelae gaan gebruik word vir die verkryging, opgradering of ontwikkeling van moderne toerusting wat multidissiplinêre en interdissiplinêre navorsing ondersteun.

Viljoen, wat ook die voorsitter van die nasionale navorsingstigting se leerstoel vir fitogeneeskunde is, sê luidens ‘n verklaring die toelae gee erkenning aan die baanbrekersnavorsing wat hy en sy span oor die jare oor medisinale plante gedoen het. “Ons is dankbaar om hierdie nuwe en innoverende tegnologie na ons instelling te bring.”

Viljoen is die outeur van 280 referate en hy het al meer as 80 nagraadse studente opgelei oor die biologiese werking van inheemse medisinale en aromatiese plante.

Op grond van sy navorsingsbydraes oor medisinale en aromatiese plante is hy tot die redaksie van verskeie wetenskaplike joernale verkies. Hy is onder meer hoofredakteur van Journal of Ethnopharmacology (Elsevier), ‘n internasionale joernaal in medisinale plantnavorsing.

Dr. Vathiswa Papu-Zamxaka, adjunk-visekanselier vir navorsing, innovasie en betrokkenheid by TUT, sê die toekenning tesame met Viljoen se navorsingsuitset is iets om op trots te wees. “Die finansiering sal beslis help om die universiteit se strategiese verbintenis tot hoë-impaknavorsing te optimaliseer, wat gegradueerdes sal oplei om ‘n opbouende impak op die samelewing te maak.”

Viljoen sê hy streef daarna om uitnemende navorsing te handhaaf en “om aan die voorpunt van navorsing in my veld te bly, om voort te gaan om ‘n leidende rol te speel, en om werk te lewer wat die grondslag sal vorm vir toekomstige navorsing”.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon