Oorblyfsels van die tropiese storm Ana sal na verwagting tot die einde van die week reën na dele van die Noord-Kaap bring.
https://agtag.co.za/category/14/post/30297
Landbou.com berig dat terwyl die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku oor uiters warm toestande aan die Weskus van die Wes-en Noord-Kaap, sal donderstorms vanaf vanmiddag naby Pofadder voorkom.
Die weerdiens voorspel uiters warm toestande van 40 °C en hoër vanaf vandag oor die Weskus, die Drakenstein-munisipaliteit, Stellenbosch en die heel westelike gedeeltes van die Wes-Kaap. Dié warm toestande is voorts bevorderlik vir veldbrande.
Erge donderstorms met vinnige, swaar neerslae van 20 mm tot 30 mm per uur was vir gister naby Pofadder voorspel. Dit kan tot oorstromings en gevolglike skade aan paaie, veral grondpaaie, lei.
Volgens die weerdiens kan aanhoudende opvolgreën verwag word.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent