Suid-Afrika het weer die lys gehaal van Afrika-lande wat in aanmerking kom vir die handelsvoordele wat die Amerikaanse wet op groei en geleenthede (Agoa) bied.
Die lys van 32 Afrika-lande wat vanjaar die paal gehaal het, is op die Amerikaanse departement van handel se webwerf gepubliseer.
Suid-Afrika se insluiting as begunstigde is goeie nuus vir veral die makadamia-, wyn- en Wes- en Noord-Kaapse sitrusbedryf wat die Agoa-tariefvoordele goed benut.
Luidens mediaberigte het Amerika glo ook ‘n voorlopige ooreenkoms met Afrika-lande gesluit om Agoa met verdere tien jaar te verleng. Die wet verval in September aanstaande jaar.
Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het luidens die berigte glo die nuus oor die ooreenkoms by ‘n sakeforum as deel van die ANC se 112de verjaardagvieringe in Mbombela bekend gemaak.
Die voorlopige ooreenkoms moet volgens hom nog deur die Amerikaanse kongres bekragtig word.
Onsekerheid oor akkuraatheid
Die ekonoom Patrick Bond het eergister (15 Januarie) aan eNCA gesê hy is onseker hoe betroubaar die berigte is omdat dit nog nie op die Suid-Afrikaanse of Amerikaanse handelsdepartemente se webwerwe aangekondig is nie.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.