Archives

Suikerrietkwekers soek antwoorde oor agterstallige heffing

Featured Ad


Maroela Media – Suikerrietkwekers soek antwoorde oor agterstallige heffing

 

Krediteure van die sukkelende suikerreus Tongaat Hulett het ten gunste van ‘n sakereddingsvoorstel
deur die Vision Group gestem, wat die baan weg om ‘n omkeerplan binne die volgende paar maande in werking te stel.

Terwyl die stemming ‘n belangrike stap is om Tongaat Hulett van ondergang te red, wag die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging (SA Canegrowers) nog op bevestiging of die Vison Group die bedryfsheffings gaan betaal wat Tongaat Hulett aan die Suid- Afrikaanse Suikervereniging (Sasa) verskuldig is.

“Die toetrede van Tongaat Hulett tot sakeredding in Oktober 2022 het die bedryf in ‘n bedenklike posisie gelaat en groot onsekerheid veroorsaak vir produsente wat op die maatskappy se meulens aan die Noordkus van KwaZulu-Natal staatmaak,” het die vereniging Vrydag gesê.

“Hierdie ontberings is vererger deur die besluit van die sakereddingspraktisyns om die regsgeldigheid van die finansiële verpligtinge – meer as R900 miljoen – wat Tongaat Hulett aan die bedryfsliggaam verskuldig is, te betwis.”

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Suikerrietkwekers soek antwoorde oor agterstallige heffing

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon