Archives

Regering bedreig SA se uitvoer – Agbiz

Featured Ad


 

Landbou.com – Regering bedreig SA se uitvoer – Agbiz | Landbou

 


Suid-Afrika se sterk kommersiële bande met kernstreke in die wêreld word op die spel geplaas deur ‘n twyfelagtige buitelandse beleid wat dui op steun vir Rusland.

 


Suid-Afrika moet waak daarteen om nie sy handels- en beleggingsbande met Westerse lande, wat oor baie jare opgebou is, in gevaar te stel met sy standpunt oor Rusland nie, het Francois Strydom, voorsitter van die landbousakekamer Agbiz, gewaarsku.

 


“Ons is bekommerd dat Suid-Afrika se beleidstandpunt oor Rusland in stryd, of dalk vyandig gesind is teenoor lande met wie ons oor ‘n lang tyd ‘n kommersiële vennootskap het, veral in Europa, Brittanje en Amerika. Ons beleid is ook nie in ooreenstemming met ander groot ekonomiese moonthede soos Japan en Suid-Korea nie.”

 


Suid-Afrika se landbousektor voer sowat die helfte van sy produksie in geldwaarde uit.

 


Strydom het gesê Suid-Afrika se voedsel-, vesel- en drankwaardekettings het aansienlik gegroei met die toename in vraag in die buiteland. In 2022 is landbouprodukte ter waarde van ‘n rekordbedrag van $12,8 miljard (R235 miljard) uitgevoer, wat 4% meer was as die vorige jaar. Hierdie uitvoer was na ‘n groot verskeidenheid markte in Afrika, Asië, Europa en die Amerikas.

 


Lees die volle berig op Landbou.com –  Regering bedreig SA se uitvoer – Agbiz | Landbou

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon