Archives

Frankfort-sonkrag kry terugslag in hof

Featured Ad


Landbou.com – Frankfort-sonkrag kry terugslag in hof | Landbou

 

 

Sonkrag moet vanaf vandag gedeeltelik by Frankfort “gemors” word nadat die private kragverspreider Rural Free State nie ‘n dringende interdik teen Eskom kon kry nie en die dorp nou by Eskom se beurtkragskedule moet hou.

 

Rural Free State sê hy sal weens die hofuitspraak by Eskom se instruksies hou. Lede van die gemeenskap, wat andersins krag sou kry wat deur Rural se sonkragplaas opgewek word, sal nou beurtkrag kry, het die kragverspreider gister in ‘n verklaring gesê.

 

Regter E. Molahlehi van die hooggeregshof in Johannesburg se beslissing is vroeër gister bekend gemaak.

 

Die uitspraak bring mee dat Rural Free State nie meer toegelaat word om, wanneer die son skyn, die ongunstige uitwerking van beurtkrag te verminder nie. “Rural Free State moet dusongebruikte sonenergie ‘weggooi’, terwyl dele van Frankfort beurtkrag ervaar,” sê Chris Bosch, uitvoerende hoof van Rural Maintenance, luidens die verklaring.

 

 

Lees die volledige berig op Landbou.com – Frankfort-sonkrag kry terugslag in hof | Landbou

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon