Archives

Oostelike Ile de France-klub presteer by nasionale skou

Featured Ad


Foto (v.l.n.r voor): Harry Meyer, Regina Harmse en Ernest Woest; (agter): Walco Harmse, Frank Penn

 

 

Die Oostelike Ile de France-klub het hul merk gelos by die Nasionale Ile de France skou wat plaasgevind het tussen 28 Mei en 5 Junie. Dié skou het plaasgevind by die Royal Agricultural Show te Pietermaritzburg.

Regina Harmse van RCH Ile de France Stoet

Na die klub se aankoms op Saterdag, 28 Mei het Harry Meyer van Harlin Witbank, Ernest Woest van Gatsak Rayton en Regina Harmse van RCH Ile de France Stoet Ermelo teen talle ander skaaprasse deelgeneem.

Sondag het gevolg met die beoordeling op die hoef waar Regina Harmse met haar lam ‘n eerste plek behaal in die bo 40kg kategorie. Haar presatsie stop nie daar nie en dié lam is ook aangewys as die Kampioen Slaglam op die hoef en sy verower ook die wengroep titel van die bo 40kg kategorie.

Ernest Woest van Gatsak Ile de France Stoet

 

Die hak uitslae is op Dinsdag, 31 Mei bekend gemaak waar Harry Meyer die algehele reserwe groep gehaal het. Ernest se lam het Europese klas gewen. Regina Harmse het ook die plek vir Reserwe Europese Kampioen slaglam geneem.

Frank Penn saam met sy eerste plek ram vir die 12-15 maande klas

Frank Penn het met sy ram ‘n eerste plek behaal in die klas van 12-15 maande. Daarna het Harry Meyer se groep slaglammers vir ‘n uitmintige prys van +/-R360/kg verkoop, waarna Ernest Woest se lam vir R360/kg verkoop het en Regina Harmse gevolg het met R380/kg.

Daar was slegs sewe telers van die lle de France Telersgenootskap van regoor die land wat deelgeneem het. Die Ile de France Telersgenootskap was ook die aanbieders. van die Nasionale Ile de France skou.

Harry Meyer van Harlin Stoet
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon