Archives

Moontlike uitbreking van Bek-en-klouseer in Noordwes aangekondig

Featured Ad


Maroela Media – Moontlike uitbreking van Bek-en-klouseer in Noordwes aangekondig

 

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het in ‘n verklaring wat Saterdag uitgereik is die moontlike uitbreking van bek-en-klouseer (BKB) by beeste in Ramatlabama in Noordwes bekendgemaak.

 

Die departement beklemtoon egter dat dit “op hierdie tydstip net ‘n vermoede van ‘n uitbreking, gegrond op positiewe serologie-resultate,” is.

 

“Epidemiologiese ondersoeke is aan die gang om die teenwoordigheid of afwesigheid van virus-sirkulasie te bevestig.”

 

Die plaas – waar die virus opgemerk is – is by Ramatlabama geleë, ‘n dorpie wat aan Botswana grens. Die departement het monsters ingesamel as deel van ‘n roetine-toesigprogram. Geen kliniese tekens is glo ten tyde van die monsterneming opgemerk nie.

 

“Die plaas is onder kwarantyn geplaas, en opvolgondersoeke, waaronder monster-insameling, is tans by die betrokke plaas sowel as op omliggende plase en dorpe aan die gang. Daar was geen onlangse verskuiwing van diere van die betrokke plaas na ander eiendomme nie,” lui die verklaring.

 

Lees die volle berig op Maroela Media – Moontlike uitbreking van Bek-en-klouseer in Noordwes aangekondig

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon