Archives

Help Philippolis-brandslagoffers só

Featured Ad


Maroela Media – Help Philippolis- brandslagoffers só


Die werklikheid van die huidige brandseisoen, wat groot streke in Suid-Afrika in puin lê, het die Philippolis-boeregemeenskap hierdie naweek ook
getref.


Skape en beeste is dood, duisende hektaar weiding het afgebrand en opstalle en werkershuise is verwoes. Talle plase lê in puin en die gemeenskap, wat baie afhanklik van die boere is, gaan dit binnekort ontgeld.


Volgens Louis Blom, ‘n jarelange dorpenaar van Philippolis, is hierdie die ergste brand in die
geskiedenis van die gemeenskap. “Ek het in 1987 hier begin skoolgaan en later weer teruggekom. Ek kan nie onthou dat dit ooit so erg gebrand het nie.”


Hy het vir Maroela Media gesê hy vermoed die brand het deur weerlig ontstaan en die sterk wind en droë gras het die gulde omstandighede geskep vir hierdie tragedie om homself uit te speel, “maar ten spyte daarvan was die boere goed georganiseerd en daar was oral vuurvegters, blasers en brandspuite beskikbaar om te red wat te redde is.”


Lees die volle berig op Maroela Media – Help Philippolis- brandslagoffers só

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon