Archives

Misdaad: Boere ‘gatvol’ vir veediefstal

Featured Ad


Die misdaadkenner David Bayley het in 1994 geskryf dat die polisie nie misdaad voorkom nie. Boere wat raadop met veediefstal is, kan dit beaam.

Bayle het in sy boek Police for the future geskryf dat misdaadkenners en die polisie weet dat die polisie nie misdaad voorkom nie. “Yet the police pretend that they are society’s best defence against crime and continually argue that if they are given more resources, especially personnel, they will be able to protect communities against crime. This is a myth.” Volgens mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale forum vir die voorkoming van veediefstal, is bogenoemde ‘n akkurate beskrywing van hoe boere oor misdaad voel, veral veediefstal wat steeds die misdaad is wat die meeste in boerderygemeenskappe voorkom. 

“Die Afrikaanse woord ‘gatvols gee ‘n goeie beskrywing van hoe boere voel. Wanneer die publiek verklarings hoor dat die polisie nie oor genoeg hulpbronne of gereedskap beskik nie, moet die publiek in die lig van Bayley se opmerking vra hoe produktief die polisie is, en presteer alle polisielede of is hulle maar net daar om safaris te trek en oor hulpbronne te kla? 

“Ondanks hierdie kritiek wil die forum graag alle polisielede bedank vir hul opofferings en hul verbintenis tot die gemeenskappe in landelike gebiede.” 

Hy se in die 2021-22-boekjaar was daar teenoor die 2020-21-boekjaar landwyd In 5,75%-afname in die aantal veediefstalsake wat by die polisie aangemeld is vanwee ‘n afname in veediefstal in veral die Wes-Kaap (32%), die Noord-Kaap (42,7%), die Oos-Kaap (18,68%) en Gauteng (17,3%). Daar was ook ‘n geringe afname van 1% in veediefstal in die Vrystaat. Veediefstal het egter in die ander provinsies met ‘n gesamentlike 7% toegeneem, veral in Limpopo waar dit met 11,5% toegeneem het. Vanaf die 2017218-boekjaar tot die 2021-’22-boekjaar is vee ter waarde van meer as R5,8 miljard gesteel. Hiervan is slegs sowat R1,2 miljard se vee teruggevind. “Die inligting skets ‘n haglike prentjie van die ekonomiese verliese wat die rooivleisbedryf ly. Daar moet in gedagte gehou word dat hoewel minder vee in die afgelope boekjaar as gesteel aangemeld is, het die waarde van vee oor die afgelope jaar met gemiddeld 11% gestyg. Die boerderygemeenskap ly jaarliks ‘n verlies van meer as ‘n miljard rand weens veediefstal. 

“Hierdie syfers is net van toepassing is op aangemelde gevalle: Sowat 80% van veediefstalgevalle word nie aangemeld nie.” 

 
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon