Archives

Mielies vorm steunpilaar van voedselsekerheid

Featured Ad


Maroela Media – Mielies vorm steunpilaar van voedselsekerheid | Maroela Media


• Deur Gawie du Toit DSc (Agric) Pr. Sci. Nat.


Die mielie staan uit as die steunpilaar vir voedselvoorsiening aan die
nimmereindigende groeiende bevolking van Suid-Afrika – ‘n bevolking van 16 miljoen in 1960, wat jaarliks toegeneem het tot dit volgens Statistieke SA 60 miljoen in 2019 beloop het en volgens waarnemers vandag minstens 70 miljoen is.


Daar word dus al hoe groter druk op produsente geplaas om bekostigbare mielies beskikbaar te stel. Hierdie basiese voedselproduk vorm die kern in die Suid-Afrikaanse voedselvoorsieningsketting en daar word nie oordryf nie as daar gesê word: Mielies is kos en kos is mielies.


In dié verband moet mens in gedagte hou dat die mielie regstreeks verantwoordelik is vir die energiebehoefte van die mens en onregstreeks die proteïenbehoefte aanvul, laasgenoemde omdat dit die basis vorm vir die produksie van beesvleis, skaapvleis, varkvleis, braaikuikens, eiers, melk, botter, kaas en jogurt.


 

Lees die volle berig op Maroela Media – Mielies vorm steunpilaar van voedselsekerheid | Maroela Media

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon