Archives

Kragkrisis: Ramptoestand se regulasies bekend

Featured Ad


Landbou.com – Kragkrisis: Ramptoestand se regulasies bekend | Landbou

Die regulasies is in die Staatskoerant afgekondig nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n nasionale ramptoestand weens die erge impak van die kragkrisis en die beperkings wat dit op elektrisiteitsverskaffing plaas, tydens sy staatsrede op 9 Februarie aangekondig het.

Sekere kritieke en spesifieke infrastruktuur sal, waar dit moontlik is, daarvolgens kwytgestel word van beurtkrag. Die kritieke infrastruktuur wat deur die regulasies uitgelig is, sluit in waterinfrastruktuur soos suiweringsaanlegte, hospitale, spoorweg- en hawe-bedrywighede, kritieke uitsaai- en kommunikasiedienste en waar moontlik voedselproduksie en die opberging van voedsel.

Die regulasies is deur dr. Nkozasana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, afgekondig. Die doel daarvan is om die publiek by te staan, te beskerm en verligting van die kragkrisis te bring. Dit moet ook eiendom beskerm, ontwrigting voorkom en bestry, asook probeer om die vernietigende aard en ander gevolge van die ramp te bestuur. Dit moet die volgende bereik:

Die gevolge van beurtkrag minimaliseer op mense se lewensbestaan, die ekonomie, polisiedienste, nasionale veiligheid, veiligheidsdienste, onderwys, gesondheidsdienste, waterdienste, voedselsekerheid, kommunikasie en munisipale dienste;

Die gevolge van beurtkrag op dienslewering om mense se lewens te red verminder en bestuur, asook gespesifiseerde noodsaaklike infrastruktuur ondersteun;

Maatreëls moet getref word om die aansluiting van nuwe opwekking van elektrisiteit moontlik te maak; en

Daar moet voorsiening gemaak word maatreëls om Eskom se aanlegte se prestasie te verbeter.

Lees die volledige Staatskoerant hier.ab16e7c80fb54f60aca7f18ecc678f2c.pdf (24.co.za)

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon