Archives

Kommer oor ANC druk vir onteieningswet

Featured Ad


Landbou.com – Kommer oor ANC druk vir onteieningswet | Landbou

 

In die ANC se verklaring op 8 Januarie ter viering van sy 111de bestaansjaar maak die nasionale uitvoerende komitee dit duidelik dat die party die aanvaarding van die onteieningswetsontwerp, wat onteiening van grond sonder vergoeding moontlik sal maak, verwelkom.

 

“Die ANC bly vasbeslote in sy verbintenis om billike toegang tot grond te verseker om sodoende die apartheidsgrondbeplanning om te keer en die deelname van histories benadeelde gemeenskappe aan die landbou en ander grondgebaseerde nywerhede te verhoog. Grondtoegang vir menslike nedersetting bly van deurslaggewende belang om grondnood in stedelike gemeenskappe aan te pak,” lui die verklaring.

 

Verder doen die ANC ’n beroep op die nasionale raad van provinsies om hierdie “belangrike wetgewing” in 2023 te finaliseer.

 

Vrystaat Landbou (VL) sê in ’n verklaring dat die ANC se standpunt oor onteiening sonder vergoeding duidelik is en ’n aanduiding bied van “hoe dit vir populisme gebruik sal word in die aanloop tot die nasionale verkiesing in 2024”.

 

VL sê hy sal voortgaan om die vordering van die onteieningswetsontwerp, wat nog deur die nasionale raad van provinsies aanvaar moet word, “noukeurig” te monitor wanneer die parlement vanjaar heropen. Die organisasie beoog om sy veldtog teen die onteieningswetsontwerp voort te sit en deel te neem aan die proses van openbare deelname, wat tans nog gesluit is.

 

“VL bly gekant teen die onteieningswetsontwerp in sy huidige vorm aangesien dit onteiening teen geen vergoeding in die baie breë openbare belang vir grondhervorming moontlik maak, wat die grondslag van eiendomsreg afbreek,” lui die verklaring. “VL glo in markgebaseerde vergoeding wat regverdig en billik is vir grond wat vir die spesifieke openbare belang onteien word. As die wetsontwerp aanvaar word, staan VL gereed om met die samewerking van ander organisasies te help om ’n saak aan te pak waar regverdige en billike vergoeding nie aan die grondeienaar betaal word nie.”

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon