Archives






Featured Ad


Jong boere dringend benodig

Wat is die toekoms van die Suid-Afrikaanse landboubedryf sonder sy boere?

TLU SA het Dinsdag gesê Suid-Afrika het nou meer as ooit jong boere broodnodig vir vooruitgang.

Volgens die organisasie kan die landboubedryf nie sonder jong boere bestaan nie en het die bedryf reeds die afgelope paar jaar gegroei danksy die deursettingsvermoë van hierdie boere.

Kommer is onlangs uitgespreek ná afloop van ’n studie wat bevind het dat die jonger boere – wat tans tussen 30 en 45 jaar oud is – meer waarskynlike kandidate is om binne die volgende tien jaar uit die landboubedryf te tree.

Uit die navorsing blyk dit dat sowat 20% (’n vyfde) van die land se produsente beplan om die mark binne die volgende dekade te verlaat. Diegene wat die mark behoort te verlaat weens ouderdom of armoede en dit nié doen nie, blyk egter ’n groter kwessie te wees.

Die navorsing het verder aan die lig gebring dat faktore soos finansiële probleme, ’n gebrek aan betroubare arbeid, onsekerheid aangaande die grondhervormingsbeleid en kommer oor landelike veiligheid die besluit om uit te tree dryf.

Gemeenskap van boere

Volgens Henna du Plessis, voorsitter van TLU SA se Jongboer-komitee, is dit tans nodig vir alle jong boere om deel te wees van ’n organisasie soos TLU SA om gemeenskaplike probleme in die bedryf aan te pak.

“In die huidige omstandighede kan ons nie anders nie as om deel van georganiseerde landbou te wees. Die uitdagings is net te veel. As dit moeilik raak, is dit nog belangriker as ooit om koppe bymekaar te sit en te weet jy is nie alleen op ’n eiland van jou eie nie,” sê Du Plessis.

TLU SA se Jongboer-konferensie vind op 10 Junie by die Voortrekkermonument plaas. Sprekers sluit in Jacob van der Westhuizen (Diversifikasie), Dawie Brits (2021- Jongboer van die Jaar) en die finansiële kenners, Johan Kotze en Kobus Oberholster.

“Ek glo ons gaan wegstap van die konferensie nadat ons lekker gepraat het oor gemeenskaplike uitdagings. Die sprekers sal ons motiveer. En ons gaan weet dat die jongboer ons land uit die huidige moeilikheid sal kry.

“Dit is al manier om te weet waar jy staan as boer. Die moontlikheid van opbouende terugvoer, wat partykeer as negatiewe terugvoer beskou kan word, skrik sommiges af om in te skryf, maar dit is baie belangrik om presies te boer in die huidige omstandighede. As jy iets beters kan doen, is dit nodig en belangrik om dit te weet.”

Die jaarlikse TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie het begin en inskrywings word van al die streke afgewag. Elke streek moet self drie finaliste aanwys.

Gedurende die week van 11 Julie sal die finaliste op hul plase besoek word waarna die wenners op 7 September bekendgemaak word.

“Die toekoms van landbou is gesetel in die hande van die volgende geslag boere en daarom is dít vir ons ’n baie belangrike kompetisie.”

TLU SA moedig jong boere aan om sy of haar streekbestuurder of -voorsitter te nader om vir die kompetisie in te skryf.

Comments

  • Ryan nel
    June 8, 2022 at 9:26 pm

    Enige werk beskikbaar

  • Branden Eaton
    June 8, 2022 at 11:53 pm

    Hi almal wil net graag weet wat kan ons jong mense doen waar kan ons gaan om betrokke te raak in die landbou is daar plek vir iemand soos ek wat nie matriek het nie maar well landbou agtergrond?

    • Andries Goedeman
      June 11, 2022 at 12:05 am

      Ek het nie matriek nie maar het landbou agtergrond ek stel belang bel my 0792650934

  • Ruben
    June 9, 2022 at 1:04 am

    hoe kan ek t werke gan

  • JANNIE
    June 9, 2022 at 1:32 pm

    LAAT ONS SAAM STAAN SO 1MAG

  • Jan harms Basson
    June 10, 2022 at 8:54 am

    Nie ons almal se ouers het plase geerf dat ons jong mense kan oorvat eendag nie ons moet hoop vir n werk en dan is jy ook maar niks want sodra dit biekie sleg gaan is jy uit

  • Nicolaas Grobler
    June 10, 2022 at 9:31 am

    Ons land wil ons nie help nie ons banke wil ons nie help met lenings nie, my vraag is hoe gaan jong boere op enige manier wil boer as die land lyk soos hy lyk geen wonder jong boere is skaars nie sy ouers het vir hom gese dis nie n toekoms vir jou nie. Want hulle weet waarheen ons oppad is en wat die risiko is. Geen mens kan vandag van die grond af begin en se ek gaan saai nie dis eenvoudig onmoontlik om 250 ha teen 10 mil te koop en jy moet tenminste nog 20 mil uitgee net vir trekkers en grond bewerkings toerusting. Dan bid jy baie hard die bank help jou en jy kry n produksie lening van 8 mil vir saad en diesel ens. Daar is geen hulp al sien die land met watse probleem ons oor 20 jaar van nou gaan sit nie. Boere gaan agter uit met grond met trekkers en toerusting. Ons moet kos voorsien maar geen mens sien raak dat daar n groot probleen is en wat die rede daarvoor is nie. Die land het een groot probleem ons het geen subsidies van die staat nie. Amerika plan n land vandag en more werk dit nie uit nie dan plant hy oor want hy kry hulp van die staat omrede hulle weet as dit nie vir sy boere was nie het hulle nie kos gehaad nie. In SA as jy moet oor plant is jy klaar in n verlies. En jy hoop en bid die res van jou grond maak op vir die een wat jy moes oor plant.

    • Ruan marais
      June 10, 2022 at 12:34 pm

      Ek stem saam ek het nou al hoeveel keur probeer om lening te kry maar kom nerins reg nie

  • Ronald Mokgethi
    June 10, 2022 at 10:52 am

    I had to quit farming and seek employment again after having a very bad season. I still do farm on a small scale.

  • Elmarie Coetzee
    June 10, 2022 at 1:17 pm

    Ek stem 100% saam. Jong seuns, soos myne, sukkel vreeslik met skool, maar kan n bees, skaap en perd doseer en gesond kry. Met enige siekte. Ken alles van landbou uit sy hart uit, maar sukkel met voorvoegsels en byvoeglike naamwoorde. Hoe gaan daai hom help om n bees te dokter.
    So, hy gaan nie n lening kry om n plot en nog minder n plaas te kan koop.
    Ons as ouers kan ook nie, want ons salaris is te klein as plaas bestuurders om dit vir hom mee te help. So hoe help die TLU SA daai jong boere, wat kan, weet hoe, en wil??
    Jy moet kontakte he, met n groot bank rekening. Dan stuur ek hom eerder USA toe, en weet hy kan vir homself iets op bou.

  • Maria Nel
    June 10, 2022 at 3:03 pm

    My man soek n werk op n plaas hy het goeie ondervinding van alles ..hy kan John Deere tractors reg maak…hy kan enigeiets weld ook…hy ken ook van strooping en van jag…hy is nou 35… byvoorbaat baie dankie

  • Gert strauss
    June 10, 2022 at 6:26 pm

    Kort ground asb.

  • Gert strauss
    June 10, 2022 at 6:26 pm

    Kort ground asb.

  • Ronald Mokgethi
    June 10, 2022 at 6:35 pm
  • Annamarie
    June 11, 2022 at 9:38 am

    Ek op soek na werk vir my man hy 27 en is kwalifiseerde voerkraal bestuurder. Kan ook plant en stroop

  • Christine Bouillon
    June 11, 2022 at 10:30 am

    Enige werk op plase vir my ou hy is nou 32 soek werk op plase

  • Herman Liebenberg
    June 11, 2022 at 2:22 pm

    Ek boer met my hele hart. Maar die banke wil nie help om my te dra om ook my eie grond te bekom en diere nie.

Add a comment
Right Menu Icon