Archives

Is De Ruyter ’n ‘lam ter slagting’?

Featured Ad


Landbou.com – Is De Ruyter ’n ‘lam ter slagting’? | Landbou

 

 

Kabeldiefstal dra miljarde rande by tot Eskom en die breër ekonomie se verliese elke jaar,

“In ’n tyd toe [mnr. André] De Ruyter al die steun nodig gehad sodat hy met ’n vrye hand die dringendste uitdaging van die land kon hanteer, is hy op die altaar van politieke opportunisme, ’n interne partystryd en rassisme geoffer,” het mnr. Ghaleb Cachalia, die DA se leier vir openbare ondernemings, gesê.

Hy het benadruk die DA veroordeel De Ruyter se “yl bedekte” bedanking.

“De Ruyter se oënskynlik skielike bedanking as die uitvoerende hoof van Eskom is ’n weerspieëling van minister Gwede Mantashe se meedoënlose veldtog teen ’n man wat ondanks een hand agter sy rug, moes sukkel om die nutsmaatskappy op koers te kry, korrupsie te beveg en politieke inmenging te weerstaan, en sy pligte terselfdertyd verantwoordelik nakom.” 

Die DA en stemme uit die sakesektor het skerp kritiek gelewer teen die oënskynlike aandeel  van onder andere mnr. Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, in De Ruyter se bedanking. “Dit is duidelik dat Gordhan magteloos is in die aangesig van Mantashe en diegene in die RET-faksie wat vir sy (De Ruyter) bloed gevra het.”

Volgens hom is De Ruyter se bedanking ’n bewys van faksiegevegte in die ANC wat oorspoel na doeltreffende bestuur van sleutelnutsdienste, soos kragverskaffing. “Die uitvloeisel hiervan gaan baie erg wees.”

Mnr. Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Groep, sê pres. Cyril Ramaphosa moes eerder vir Mantashe afgedank het. “Die president moet eenvoudig nie De Ruyter se bedanking aanvaar nie. Ja, hy het nie altyd alles reg gedoen nie, maar in hierdie moeilike omstandighede is hy die beste keuse.”

Mnr. Cas Coovadia, uitvoerende hoof van Business Unity South Africa (Busa), sê sy bedanking is ’n groot slag vir Eskom en die energiekrisis. “Hoewel dit ’n slag is, is dit nie ’n verrassing nie aangesien die onverantwoordelike kommentaar deur lede van die regering en ander sektore, duidelik was.”

Mnr. Alan Winde, premier van die Wes-Kaap, is ook baie bekommerd oor die nuus en die impak daarvan op beurtkrag en die land se kragkrisis. 

“Ek doen ’n dringende beroep op Ramaphosa om duidelik uiteen te sit wat sy prioriteite in hierdie verband is en hoe hy kan verseker ’n gepaste Eskom-leier word aangestel wat ’n energieplan soos belowe, vir die land én provinsie, kan bewerkstellig.”

Hy sê die Wes-Kaapse regering se onderhandelings met De Ruyter het die indruk geskep dat hy doelgerig was om die beduidende en voortslepende kwessies van Eskom op te los. 

De Ruyter was amper drie jaar aan die stuur van Eskom. “Hy het egter kritieke ondersteuning van regeringskant gekort om Eskom se probleme op te los,” het Winde kort ná die nuus in ’n verklaring geskryf. 

“Ek is uiters ontsteld, soos alle Wes-Kapenaars tereg ook kan wees, aangesien ons sedert 6 September net een dag sonder beurtkrag was en vanjaar reeds vier rondtes van fase 6-beurtkrag moes verduur,” het hy bygevoeg. “Beurtkrag kon byvoorbeeld met ’n stewige 96,5% in 2021 verminder word, indien 5 gigawatt se hernubare energie volgens destydse planne aangebring is, maar dié proses is aansienlik vertraag.” 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon