Maroela Media – Hoender- en eiertekorte kom dalk oor ‘ergste voëlgriep’ nóg
Suid-Afrikaanse pluimveeboere waarsku teen moontlike hoender- en eiertekorte te midde van die ergste voëlgriep-uitbreking wat die land nóg getref het.
Quantum Foods het Vrydag gesê hy moes vanjaar al byna twee miljoen hoenders, ter waarde van meer as R100 miljoen rand, van kant maak.
“Die voëlgriep-uitbreking is die ergste wat Suid-Afrika nog gesien het,” het Astral Foods vroeër gesê. Volgens die maatskappy is daar reeds ‘n tekort aan die tafeleier-voorraad en word daar verwag dat hoendervleis ook skaars en duur kan word in die komende maande.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent