Archives

Foto’s: Duisende ha brand weer in Vrystaat

Featured Ad


Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-duisende-ha-brand-weer-in-vrystaat/

Veldbrande het Sondag weer tussen 20 000 en 30 000 ha in die Vrystaat verwoes en ten minste een
struktuur in die Clarens-omgewing is deur die vlamme verswelg.

Verskeie dele van die provinsie het Sondag onder uiterste brandweer met hoë temperature, lae humiditeit en wind van tot 60 km/h gebuk gegaan. Dorpe soos Smithfield, Steynsrus, Clarens, Senekal en Ventersburg is veral erg geraak.

“Die Ventersburg-brand was die grootste in terme van beskadigde gebied en het ‘n afstand van meer as 30 km geraak,” het Johann Savage Breytenbach, bevelvoerder van die oorhoofsebrandbeskermingsvereniging (FSUFPA), gesê.


Veldbrande het laatmiddag tot by die N5 tussen Senekal en Winburg versprei nadat dit omstreeks 15:00 deur die Willem Pretorius-natuurreservaat versprei het,” sê Breytenbach.


Lees die volle berig op Maroela Media – https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fotos-duisende-ha-brand-weer-in-vrystaat/

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon