Ermelo Oos Boerevereniging, onderleiding van Lion du
Plessis as voorsitter, is in Junie by die Mpumalanga Landbou se kongres
aangewys as die beste boerevereniging vir 1 Maart 2021 tot einde Februarie 2022.
Hierdie kongres het te Badplaas plaasgevind waar verskeie
sprekers, Frans Cronje,(spesialis in strategie), Nicky Weimar (hoofekonoom van
Nedbank) en Lynette Beer (motiveringspreker) opgetree het. Uitdagings vanuit
die politieke en sosiaal maatskaplike omgewing op groei in die landbousektor,
die ekonomiese omgewing en moontlikhede van groei, en landbou veiligheid is
onder andere punte wat op die kongres gedeel is.
Die nuwe dagbestuur is ook verkies by dié kongres en Lion
du Plessis is herverkies as Vise-president van die Hoëveld.
Jaco Minnaar, die president van Agri SA was ook teenwoordig
en het Mpumalanga Landbou bedank vir hul bydrae tot die sukses van
georganiseerde landbou.
Foto: Amanda Erasmus en Kobus Stapelberg van King Price Agri saam met Ermelo Oos boere Janneman Robberts, Lion du Plessis en Wikus Cloete
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent