Archives

Dieselpryse kan effens daal in Desember

Featured Ad


Foto: Willem van der Berg

Dieselverbruikers kan vir ‘n slag goeie nuus oor brandstofpryse in Desember verwag, terwyl petrolverbruikers moontlik meer sal moet opdok.

Mnr. Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB Landbou, sê volgens die middel van die maand se syfers is daar ‘n onderverhaling van R1,05 op petrol en ‘n oorverhaling van 40c op diesel. “As hierdie neiging voortduur, sal ons goeie nuus vir ons dieselverbruikers hê, maar nie vir ons petrolverbruikers nie.

“Dit is beter nuus vir die landbousektor as wat daar in November was, ook aangesien die planttyd vir mielies weens nat weersomstandighede vertraag is. Dit is egter nog nie skitterende nuus nie. Die dieselprys is steeds hoër as wat dit ‘n jaar gelede was.”

Hy sê die afwesigheid van groot verswakkings van wisselkoers en die daling in internasionale dieselpryse is vir die gunstige vooruitsig te danke. Internasionale petrolpryse beweeg egter in ‘n minder gunstige rigting.

“Dit is goeie nuus vir landbousektor en vervoersektor. Die normale man op straat wat ‘n petrolvoertuig ry, gaan waarskynlik nie so tevrede wees nie. Baie kan egter nog in die volgende twee weke gebeur.”

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon