Kevin Mileham, DA-woordvoerder oor energie, sê in ’n verklaring dat die enigste aankondiging rondom die brandstofprys wat die ANC-regering volgende week moet maak, is om meer as R6 per liter te verminder deur die ‘buitensporige heffings’ en belasting op brandstof te beëindig.
“Die ANC-regering gaan voort om brandstofpryse kunsmatig hoog by die pompe te hou deur brandstofbelasting, heffings en ’n sentraal-bepaalde brandstofprys,” meen Mileham.
“Aanduidings dat die ANC-regering beplan om die brandstofprys volgende week met net R1 per liter te verlaag, en dat hy van plan is om dit te vier, is lagwekkend,” het Mileham bygevoeg.
Die verwoesting van ons verregaande hoë brandstofpryse sal nie verlig word deur klein dalings volgens die wil van die globale olieprys maand-vir-maand nie, maar slegs deur substantiewe, berekende en fundamentele veranderinge aan hoe die regering die brandstofprys beheer.
“Die feit is dat die ANC-regering uit die brandstofprysmanipulasiespel moet kom, en hul tyd het nou uitgeloop.”
Brandstofpryse sal na verwagting só daal op Woensdag, 3 Augustus 2022:
Ian mctaggart
August 1, 2022 at 11:12 pmAbout time, and thank you DA.
Piet Fourie
August 2, 2022 at 7:49 amBaie gemaklik as n instansie oftewel regering nie toerekeningsvatbaar is vir sy doen en late. Oftewel so dink en doen hulle.