Archives

Boer wil Eskom dagvaar ná duisende kuikens vrek

Featured Ad


Meer as 40 000 kuikens het Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme op Herman Du Preez se plaas in Lichtenburg gevrek. (Foto: Verskaf)

 

Maroela Media – Boer wil Eskom dagvaar ná duisende kuikens vrek | Maroela Media

 

Meer as 40 000 kuikens het Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme op Herman Du Preez se plaas in Lichtenburg gevrek. (Foto: Verskaf)

ʼn Topbesproeiing-en-hoenderboer van Lichtenburg in Noordwes wil Eskom hof toe sleep nadat meer as 40 000 kuikens Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme in een van die hoenderhuise op sy plaas gevrek het.

Herman du Preez, Noordwes se jong boer van die jaar, het Woensdag aan Maroela Media gesê dat hy gevolglik tussen R1,5 miljoen en R2 miljoen skade gely het. Die kuikens was maar 17 dae oud en moes op 31 dae geslag word. Hy bespreek tans die aangeleentheid met sy prokureur.

Du Preez verduidelik dat die ventilasiesisteem in een van sy hoenderhokke afgeskakel het omdat daar nie genoeg kragtoevoer deurkom nie. Boonop het die kragopwekkers nie ingeskop toe die ventilasiesisteem afgeskakel het nie, aangesien daar wel kragtoevoer in die lyn was – dit was net nie genoeg nie.

Boere in die omgewing ervaar sedert 14 Desember groot uitdagings met kragtoevoer nadat ʼn transformator op die Coligny-Putfontein-lyn onklaar geraak en boere dae lank sonder krag gelaat het. Eskom het dié plase eers op een alternatiewe kraglyn en toe weer op ʼn ander een, die Makokskraal-Opraaplyn, geplaas.

Die spanning in hierdie lyne is egter onvoldoende en daar is nie genoeg krag vir al die plase op dié lyn nie.

“Ons hardloop gewoonlik op so 380 volt en daar was maar 186 volt in daai lyn. Ons spilpunte loop nie op hierdie druk nie en ons kan nie voer maak nie, ons kan ook nie besproei nie.

“Daar is nou te veel plase op een lyn, en ons kry net nie genoeg krag nie.”

Meer as 40 000 kuikens het Dinsdagoggend weens kragtoevoerprobleme op Herman Du Preez se plaas in Lichtenburg gevrek. (Foto: Verskaf)


Du Preez sê die probleem het verreikende gevolge vir sy hele boerdery en dat hulle die probleme al herhaaldelik onder Eskom se aandag gebring het.


Die boere het Agri Noordwes ook versoek om betrokke te raak en dié organisasie het samesprekings met Eskom gevoer, wat op sy beurt onderneem het om die oorspronklike C-P-lyn te herstel.


Dit het egter nie gebeur nie.


Du Preez sê sy hy bedryf ʼn intensiewe boerdery wat geweldig afhanklik is van krag – en dat hy, nes ander boere in die omgewing, ook nie meer kan byhou met die dieselverbruik wat nodig is om kragopwekkers te laat werk nie.


Benewens die onlangse kragprobleme knou beurtkrag Du Preez se boerdery in die algemeen.


Hy verduidelik dat hulle ʼn paar boere in die gebied is wat hoenders aan slagpale in die omgewing verskaf en dat hulle 140 000 hoenders ʼn dag slag. Beurtkrag belemmer egter die hele produksie omdat hulle nie genoeg verkoeling kan bied nie. Die hoenders word boonop groter en kan later nie meer gevoer word nie omdat die meule weens onvoldoende kragvoorsiening stilstaan.


“Dis ʼn gesukkel om die hoenders te slag. En nou word hulle ouer in die hokke, en ons sukkel om vir hulle kos te gee. Die kragprobleme beïnvloed alles, alles op die plaas.”


Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon