Archives

Bek-en-klouseer nou ook by voerkrale

Featured Ad


“Dit is ’n baie ernstige probleem en ons moet aanvaar dat die siekte nou baie wyd versprei is. Daar word gesprek gevoer met die taakspan vir biosekerheid. Hoewel ons nog nie sy aanbevelings ontvang het nie, sal nou na ’n nog baie meer dringende plan gekyk moet word. Toetsing bly ’n probleem, want dit duur te lank.”

Kragtens wetgewing mag die identiteit van die voerkrale nie bekend gemaak word nie. Hy sê daar sal ook baie dringend gekyk moet word na die beskikbaarheid van entstowwe. Suid-Afrika koop op die oomblik entstowwe van Botswana. “Ek meen entstowwe gaan vorentoe ’n baie groter rol moet speel en Suid-Afrika sal sy eie vervaardiging gereed moet kry. As ’n mens kyk na ’n land soos Brasilië, dan is hy ’n uitvoerland met inenting. Ons sal waarskynlik ook in daardie rigting moet begin beweeg.”

Schutte sê die dieregesondheidsforum het 11 lede en daar is groot verskille tussen die onderskeie lede se belange. “As jy die wol- of melkbedryf verteenwoordig, het jy ander behoeftes as wanneer jy die rooivleisbedryf verteenwoordig. Ons sal na al ons lede se behoeftes moet kyk nie net na een belangegroep nie. Wees verseker dat die dieregesondheidsforum alles in sy vermoë sal doen om die probleem te help aanpak.”

Selfregulering raak van deurslaggewende belang. Die beweging van diere moet nou tot die absolute minimum beperk word en ’n boer sal twee keer moet dink voordat hy nuwe diere op sy plaas laat kom.”

Hy sê toe bek-en-klouseer in 2019 net noord van die beheersone in Limpopo voorgekom het, het Suid-Afrika na 42 lande uitgevoer en oornag het alles tot stilstand gekom. “Ons is tans weer betrokke in 28 lande en die enigste groot handelsvennoot wat ons ná die uitbrekings in die binneland gelos het, is China. Ons het gedink ons gaan weer toegang tot China kry met ’n bilaterale ooreenkoms, maar ek dink met die jongste verwikkelinge gaan dit nou lol.”

Volgens Schutte is die bedryf nou “op die hond se stert” om die riglyne bekend te maak van hoe naspeurbaarheid op ’n vrywillige grondslag op plase toegepas kan word. “Daar is met al die diensverskaffers vergader en die riglyn van kriteria waaraan produsente moet voldoen, moet nou net gefinaliseer word. Die beginsel is dat die vrye mark dit instel. Maatskappye wat reeds sulke dienste lewer, sal betrokke wees en boere sal kan kies van watter maatskappye hulle gebruik wil maak.”

Twee van die riglyne wat waarskynlik sal geld, is akkreditasie by die internasionale liggaam vir diere-identifikasie (ICAR) en inskakeling by ’n databasis wat by die WNNR ontwikkel word.

 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon