Archives

Bek-en-klouseer: Geen verdere verspreiding

Featured Ad


Dit blyk dat bek-en-klouseer in hierdie stadium tot slegs tien plase beperk is, en dat dit nie die afgelope tyd verder versprei het nie.

https://agtag.co.za/category/14/post/30684

Tot dusver kom die siekte voor op agt plase in Noordwes – meestal buurplase van die eerste plaas waar dit voorgekom het – en enkele plase waarheen diere na ‘n veiling op die indeksplaas vervoer is. Dan is daar ook ‘n uitbreiding op ‘n plaas by Randfontein, Gauteng, en by Viljoenskroon in die Vrystaat wat met die veiling verbind word.

China, Botswana en Mosambiek het tot dusver bilaterale ooreenkomste met Suid-Afrika oor invoer opgeskort. Volgens Louw van Reenen, voorsitter van die rooivleisbedryfsforum en uitvoerende hoof van Beefmaster, moet ‘n mens in gedagte hou dat dié ooreenkomste van land tot land verskil.

“Die ooreenkoms met China het byvoorbeeld bepaal as dit in Limpopo en die noordelike dele van Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorkom, kan nog uitgevoer word, maar as dit buite die beheerde gebied versprei, word die uitvoer van wol, vleis en huide onmiddellik stopgesit,” sê Van Reenen. Hy voeg by dat dit groot nadele vir die waardeketting inhou omdat dit Suid-Afrika se grootste vleisuitvoermark met die grootste volumes is. Met tye word daar meer vleis daarheen uitgevoer as na die hele Midde-Ooste.

“Ons sal graag uitvoer wil herstel, maar dit gaan nie gebeur as ons nie die verspreiding buite die beheerde gebied ten volle keer en onder beheer het nie.”

Me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het in die verband ‘n dringende vergadering belê met die premier van Limpopo en relevante LUR’e om te verseker dat dringende en gepaste stappe gedoen word om die verspreiding van die siekte uit Limpopo te bekamp.

Volgens Didiza het die departement se span in KwaZulu-Natal met belanghebbendes in die bedryf vergader om ‘n skadebepaling na die onlangse vloede te doen en stappe te bespreek om die verspreiding van die siekte uit die rampbestuursgebied te voorkom.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon