Met net een nuwe voorval van bek-en-klouseer wat verlede jaar aangemeld is, wil dit lyk of die verspreiding van dié siekte in sy spore gestuit is.
Die enigste uitbreking van bek-en-klouseer wat verlede jaar aangemeld is, was op 6 Oktober in ‘n kommunale gebied in KwaZulu-Natal. Sedertdien is daar ook geen nuwe voorvalle aangemeld nie.
Die direktoraat vir dieregesondheid by die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het op 8 Januarie in sy jongste verslag oor die siekte gesê daar is nog 165 uitbrekings wat nog as aktief aangedui word, maar 131 daarvan is by diptenks en kleinskaalse boerderye in KwaZulu-Natal se kommunale gebiede.
In die Vrystaat is daar nog 24 gevalle, 7 in Noordwes en 3 in Gauteng waaraan gewerk word om diere te toets vir verdere blootstelling voordat daar afsluiting kan wees. Altesaam is daar 50 uitbrekings wat nie meer aktief is nie en dus opgelos is.
Altesaam 634 000 diere is sedert Maart 2022 al teen die siekte ingeënt en meer as 200 000 is onder beheerde toestande geslag. Nog geen gevalle het in die Wes-, Oos- of Noord-Kaap voorgekom nie.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.