Maroela Media – Maroela Media – Voëlgriep: ‘Katastrofiese mislukking’ van bioveiligheidsmaatreëls
Die skerp verspreiding van voëlgriep binne ‘n baie kort tydperk benadruk die “katastrofiese mislukking in die afdwing van bioveiligheidsmaatreëls” in die bedryf, sê Noko Masipa, die DA se woordvoerder oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling.
Dít terwyl boere aan die genade oorgelaat is en die regering aanvoer daar is weinig wat hy in hierdie stadium aan die situasie kan doen.
Die DA het onlangs ‘n oorsigbesoek aan die Eagle’s Pride Hatchery in Roodeplaat, Pretoria, gebring om die uitwerking van die voëlgriep-uitbreking op die pluimveevoorraad te bepaal.
“In ooreenstemming met die siekte-uitbrekingsneigings wat landwyd aangemeld is, is ons ingelig dat die plaas – ondanks die streng bioveiligheidsmaatreëls wat afgedwing is soos bepaal deur veeartsdienste – geen ander keuse het as om al sy teelvoorraad van kant te maak en eiers vir braaikuikens te begin invoer nie,” sê Masipa.
Lees die volle berig op Maroela Media – Voëlgriep: ‘Katastrofiese mislukking’ van bioveiligheidsmaatreëls
Buy, Sell & Trade Agricultural & Heavy Equipment
Our Facebook Groups
© 2021 All Rights Reserved. AgriOnline Pty Ltd View Our Policies HERE