Die landbouorganisasie TLU SA het die Menseregtekommissie (MRK) se bevinding dat ‘n stelling deur Cosatu – dat sommige boere moordenaars en verkragters is – bloot kwetsend is en nie op haatspraak neerkom nie, verwerp.
TLU SA het vroeër ‘ʼn klagte van haatspraak by die MRK ingedien nadat Cosatu in sy verklaring oor Menseregtedag gesê het “nêrens is menseregte meer in die gevaar as op plase landwyd nie, waar werkers die minste regte geniet en die meeste uitgebuit en misbruik word”.
Die vakverbond se verklaring het voorts gelui: “Genadelose werkgewers steel armoedelone, skop huurders summier uit hul huise, terwyl hulle hul werkers soms aanrand, verkrag en selfs vermoor.”
Die landbouorganisasie sê die kommissie het bevind dat die uitlatings bloot gevoelens seermaak en nie neerkom op ‘n menseregteskending nie.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent