Archives

Ermelo Oos beste boerevereniging in MP

Featured Ad


Foto: Janneman Robberts en Lion du Plessis

Ermelo Oos Boerevereniging, onderleiding van Lion du Plessis as voorsitter, is in Junie by die Mpumalanga Landbou se kongres aangewys as die beste boerevereniging vir 1 Maart 2021 tot einde Februarie 2022.

 

Hierdie kongres het te Badplaas plaasgevind waar verskeie sprekers, Frans Cronje,(spesialis in strategie), Nicky Weimar (hoofekonoom van Nedbank) en Lynette Beer (motiveringspreker) opgetree het. Uitdagings vanuit die politieke en sosiaal maatskaplike omgewing op groei in die landbousektor, die ekonomiese omgewing en moontlikhede van groei, en landbou veiligheid is onder andere punte wat op die kongres gedeel is.

Die nuwe dagbestuur is ook verkies by dié kongres en Lion du Plessis is herverkies as Vise-president van die Hoëveld.

Jaco Minnaar, die president van Agri SA was ook teenwoordig en het Mpumalanga Landbou bedank vir hul bydrae tot die sukses van georganiseerde landbou.

Foto: Amanda Erasmus en Kobus Stapelberg van King Price Agri saam met Ermelo Oos boere Janneman Robberts, Lion du Plessis en Wikus Cloete

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon