Foto (v.l.n.r voor): Harry Meyer, Regina Harmse en Ernest Woest; (agter): Walco Harmse, Frank Penn
Die Oostelike Ile de France-klub het hul merk gelos by die Nasionale Ile de France skou wat plaasgevind het tussen 28 Mei en 5 Junie. Dié skou het plaasgevind by die Royal Agricultural Show te Pietermaritzburg.
Na die klub se aankoms op Saterdag, 28 Mei het Harry Meyer van Harlin Witbank, Ernest Woest van Gatsak Rayton en Regina Harmse van RCH Ile de France Stoet Ermelo teen talle ander skaaprasse deelgeneem.
Sondag het gevolg met die beoordeling op die hoef waar Regina Harmse met haar lam ‘n eerste plek behaal in die bo 40kg kategorie. Haar presatsie stop nie daar nie en dié lam is ook aangewys as die Kampioen Slaglam op die hoef en sy verower ook die wengroep titel van die bo 40kg kategorie.
Die hak uitslae is op Dinsdag, 31 Mei bekend gemaak waar Harry Meyer die algehele reserwe groep gehaal het. Ernest se lam het Europese klas gewen. Regina Harmse het ook die plek vir Reserwe Europese Kampioen slaglam geneem.
Frank Penn het met sy ram ‘n eerste plek behaal in die klas
van 12-15 maande. Daarna het Harry Meyer se groep slaglammers vir ‘n uitmintige
prys van +/-R360/kg verkoop, waarna Ernest Woest se lam vir R360/kg verkoop het
en Regina Harmse gevolg het met R380/kg.
Daar was slegs sewe telers van die lle de France
Telersgenootskap van regoor die land wat deelgeneem het. Die Ile de France Telersgenootskap
was ook die aanbieders. van die Nasionale Ile de France skou.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. I hereby accept the the Privacy Terms in accordance with the POPIA Act. If you continue to use this site we will assume that you are happy with it.AcceptDeclinePrivacy policy
You can revoke your consent any time using the Revoke consent button.Revoke consent