Archives

Wydverspreide buie en donderstorms duur voort

Featured Ad


Landbou.com – Wydverspreide buie en donderstorms duur voort | Landbou

 

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n oranje vlak 5-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën wat tot vloede kan lei in KwaZulu-Natal, oostelike gedeeltes van die Oos-Kaap, die ooste en noorde van Limpopo asook die Laeveld en platorand in Mpumalanga.

 

’n Geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir ontwrigtende reën wat plek-plek tot vloede kan lei in die oostelike en sentrale gedeeltes van die Vrystaat asook die ooste van Noordwes.

 

Nog ’n geel vlak 2-waarskuwing is uitgereik vir erge donderstorms met skadelike wind, swaar neerslae en weerlig in Gauteng, die suidweste van Limpopo asook die Hoëveld in Mpumalanga.

 

Volgens die weerdiens sal dit vandag bewolk en koel tot warm wees met verspreide buie en donderbuie in Gauteng, Mpumalanga, Limpopo en KwaZulu-Natal.

 

Bewolkte en warm weer met geïsoleerde buie en donderbuie word vir die Vrystaat en Noordwes voorspel. In die oostelike gedeeltes van dié provinsies sal buie en donderbuie egter wydverspreid voorkom.

 

Die weerdiens voorspel mooi en warm tot baie warm weer vir die Noord-Kaap. In die ooste van die provinsie sal dit gedeelte bewolk wees met geïsoleerde buie en donderbuie.

 

In die Wes-Kaap word mooi en warm tot baie warm weer verwag met uiters warm toestande wat in die weste van die provinsie verwag word.

 

Bewolkte en koel weer met geïsoleerde tot verspreide buie en donderbuie word vir die Oos-Kaap voorspel. Donderstorms kan plek-plek voorkom.

 

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Maandag gewaarsku dat ’n afsnylaagdrukstelsel tot Saterdag wydverspreide buie en moontlik vloede in die sentrale en oostelike gedeeltes van die land kan veroorsaak.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon