Archives

Voorgestelde kragpryse te duur vir landboubedryf

Featured Ad


Indien Eskom se pryse met die voorgestelde 20,5% verhoog word, sal dit die voortbestaan van talle landbou-ondernemings bedreig.

https://agtag.co.za/category/14/post/30254

Dit is die mening van Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap.

Volgens Strydom vra die landbousektor vir ‘n verhoging nader aan 7%.

In ‘n artikel in die Sondagkoerant, Rapport, sê Strydom dat die landbou nie oor dieselfde luukse as Eskom beskik wat ‘n aansuiweringsmeganisme (die RCA-proses) het om verlore inkomste van vorige geldjare te verhaal nie. Landbou is ‘n prysnemer wat beteken dat hy die pryse moet absorbeer wat aan hom deurgegee word.

Strydom het in die openbare sitting van die nasionale energiereguleerder (Nersa) oor Eskom se jongste tariefaansoek gesê dat kragtariewe verlede jaar reeds met 15% tot 17% gestyg het, terwyl produsente hulself vanjaar moet staal vir ‘n verwagte verhoging in kunsmispryse van tussen 32% en 69%. Hiermee saam is minimum lone in die landbou verlede jaar met 16,1% verhoog terwyl daar in tien van die afgelope 12 maande stygings in dieselpryse van tussen 17% en 46% was.

Hy (Strydom) meen die totale energiekoste bedra 2,8% van die landbousektor se insetkoste, of meer as R9 miljard per jaar, maar dat die insetkoste van net elektrisiteit tussen 10% en 20% van sekere landbousektore se totale koste kan bedra. In die lig hiervan vra Strydom dat Nersa tot munisipaliteite se wanbetaling van hul kragrekening sal toe te tree.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon