Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het besluit om die algehele verbod op die verskuiwing van onder meer beeste op te hef.
Die verskuiwing van vee in sogenaamde siektebestuursgebiede word egter steeds verbied.
Min. Thoko Didiza het Donderdag gesê dit is bemoedigend dat die Oos-, Wes- en Noord-Kaap nie ’n enkele geval van die gewraakte veesiekte bek-en-klouseer voor en gedurende die drie weke lange verbod gehad het nie.
Daar was slegs enkele verdagte gevalle op plase onder kwarantyn in Gauteng en Noordwes opgemerk terwyl geen nuwe gevalle die afgelope week in Mpumalanga aangemeld is nie.
Dié in siektebestuursgebied steeds ingehok
Didiza het egter gesê die verskuiwing van beeste in die siektebestuursgebied van Limpopo sal steeds verbied word.
Dit geld ook vir die siektebestuursgebied in die Vrystaat (Marquard, Viljoenskroon en Harrismith) en KwaZulu-Natal (KwaNongoma, Ulundi, KwaHlabisa, Hluhluwe en Mtubatuba) waar geen verbetering waargeneem is nie.
Didiza het voorts gesê haar departement sal voortgaan met toesig en inenting in gebiede wat steeds aktiewe infeksies ervaar. “Ons doen ’n beroep op boere en gemeenskappe om die gesondheidsprotokolle wat ingestel is na te kom en hulle te weerhou van onwettige beweging van beeste en diere.”
Buy, Sell & Trade Agricultural & Heavy Equipment
Our Facebook Groups
© 2021 All Rights Reserved. AgriOnline Pty Ltd View Our Policies HERE