Archives

Swaar neerslae, moontlike vloedtoestande vir komende weke voorspel

Featured Ad


Dit gaan ‘n sopnat Februarie wees oor die sentrale tot oostelike dele van die land, met moontlike vloedtoestande oor die noordelike dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en die suidelike dele van Limpopo.

https://agtag.co.za/category/14/post/30324

Só meen Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige in ‘n meningsartikel in Landbou.com. Hy voeg by dat die sentrale en westelike dele van die Noord-Kaap tot en met Donderdag volgende week heelwat reën kan verwag, en dat baie reën vanaf dan oor die noordoostelike dele van die land sal voorkom.

Wat die noordoostelike dele van die land betref, word baie min reën tot ongeveer Vrydag (4 Januarie) oor die noordoostelike dele verwag, aangesien ‘n hoogdrukstelsel oor hierdie dele heers met tropiese vog en reën op die perimeter van die hoogdrukstelsel oor Zambië en dan weswaarts oor Namibië en suidwaarts na die westelike dele van Suid-Afrika.

Dié stelsel sal vanaf die naweek ooswaarts beweeg en swaar reën veroorsaak oor die sentrale tot oostelike dele met moontlike vloedtoestande oor die noordelike dele van die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en die suidelike dele van Limpopo.

Die tropiese storm Batsirai

Intussen het ‘n volgende tropiese storm, Batsirai, oos van Madagaskar ontwikkel en weswaarts begin beweeg.

Volgens weermodelle sal dié storm Madagaskar rondom Saterdag tref, en teen volgende Maandag in die Mosambiekkanaal wees, waarna dit binne ‘n dag of twee oor Mosambiek sal beweeg. Van den Berg verduidelik dat in teenstelling met die matige tropiese storm Ana, waar windsnelhede ‘n maksimum van ongeveer 80 km/h bereik het, lyk dit asof Batsirai windsnelhede van tot 180 km/h kan bereik. Dié windsnelheid grens aan sikloonsterkte.

Gegewe hierdie voorspelling bestaan daar ‘n wesenlike risiko vir grootskaalse vloede en stormagtige weerstoestande oor die oostelike dele van die land. Van den Berg sê onsekerheid heers oor die pad wat Batsirai in die tweede week van Februarie gaan volg.

Volgens Van den Berg bestaan daar vier moontlike uitkomste, naamlik:

  • Batsirai kan die pad van die tropiese storm Ana volg, en oor Mosambiek tot in die suide van Zambië of selfs verder wes beweeg as ‘n verswakte laagdrukstelsel;
  • Dit kan noordwaarts oor die noordelike dele van Mosambiek beweeg en daar disintegreer;
  • Die storm kan die normale patroon volg en verswak in die Mosambiekkanaal en dan suidooswaarts in die Indiese Oseaan wegbeweeg; of
  • Dit kan oor die suide van Mosambiek wes-of suidwaarts oor Suid-Afrika inbeweeg oor die oostelike of selfs noordelike dele van die land wat insluit KwaZulu-Natal, Mpumalanga, die oostelike dele van Limpopo en moontlik die noordoostelike dele van die Oos-Kaap. Hierdie uitkoms kan groot ontwrigting in hierdie gebiede tot gevolg hê.
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon