Archives

Satelliet-data aangewend om te voorspel wanneer koeie gaan kalf

Featured Ad


Spread the love

Die navorsingspan van die CQ Universiteit in Australia wat op lewendehawebestuur fokus, is een stappie nader daaraan om kalfgebeure in ekstensiewe weidingskuddes te voorspel en waar te neem met behulp van globale navigasie-satellietstelsels.

https://agtag.co.za/category/14/post/30754

Dié ontdekking het die potensiaal om beesvleisprodusente in die noorde van Australië te voorsien van ‘n manier waarop hul beeste van ‘n afstand gemonitor kan word en om hul kalwers se oorlewingskoers te verhoog, een van die grootste uitdagings wat die bedryf in die gesig staar.

Die navorsingsprojek het globale navigasie-satellietstelsel-halsbande gebruik – wat beide ‘n globale posisioneringstelsel en bewegingopsporingsensors bevat het – om 30 koeie in ‘n kamp van 28 hektaar oor ‘n periode van agt weke te toets.

Die halsbande het die diere se ligging elke tien minute vasgevang. Dié data is gebruik om voorspellende eienskappe te bereken by en tydens kalfgebeurtenisse, wat visueel deur die navorsingspan bevestig is.

Die liggingdata het getoon dat ander diere binne ‘n 20 meter-radius van die dragtige koeie aansienlik afgeneem het in die aanloop na die geboorte toe. Dit bevestig bekende isolasie-optrede.

Dié bevindinge sal die weg baan vir produsente in die noorde van Australië om hul vee te monitor op ‘n manier wat baie van die uitdagings verbonde aan ekstensiewe weidingsoperasies, soos afstand en terrein, kan oorkom.

Die navorsers sê die bevindinge voorsien verdere getuienis dat sensors op diere moontlik ‘n lewensvatbare oplossing kan wees vir die monitering en reaksie op kalfgebeure in ‘n kommersiële boerdery.

Bron: https://www.beefcentral.com/news/satellite-data-used-to-predict-and-detect-calving-in-extensive-grazing-systems-2/

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon