Archives

SA landbousektor blom

Featured Ad


LAndbou.com – SA landbousektor blom | Maroela Media

 

Die inkomste uit Suid-Afrika se landbousektor het van 2020 tot verlede jaar met ʼn noemenswaardige 11,9% toegeneem en die algehele inkomste wat uit die landbousektor en verwante bedrywe verdien is, het van R372,8 miljard tot R417,1 miljard gestyg.

 

Diere en diereprodukte was volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) se jongste syfers die grootste bydraer tot verkope (R159,3 miljard), gevolg deur tuinboukundige gewasse en produkte (R110,4 miljard) en oesgewasse (R81,4 miljard).

 

Die grootste stygings in inkomste was uit die verkope van oesgewasse (24,2%) en tuinboukundige gewasse en produkte (19%).

 

Groot ondernemings is steeds verantwoordelik vir die grootste gedeelte van die bedryf se inkomste (67,7%), gevolg deur klein ondernemings (18,1%) en medium- en mikro-ondernemings.

 

Verlede jaar het die 100 grootste ondernemings – op grond van algehele inkomste – in die landbou en verwante bedrywe altesame 23,4% van algehele inkomste bygedra.

 

Algehele kapitaalbesteding op nuwe bates het R32,1 miljard beloop, in vergelyking met die R27 miljard wat in 2020 bestee is. Dit is ʼn styging van 18,8%. Voertuie, masjinerie, aanlegte, trekkers en ander vervoermiddels het met R5,6 miljard (van R14,1 miljard tot R19,7 miljard) toegeneem.

 

Die bedryf bly ook ʼn groot werkskepper.

 

Indiensnemingsyfers vir die landbousektor en verwante bedrywe het teen die einde van Junie verlede jaar op 801 503 gestaan, ʼn 2,7%-styging in vergelyking met die 780 057 in Junie 2020.

 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon