Archives

Onteieningswetsontwerp na parlement eers teruggehou

Featured Ad


“Ons kan net hoop dat die openbare insette uiteindelik in ag geneem word. Ons eiendomsreg mag nie van ons ontneem word nie en daarom sal Vrystaat Landbou (VL) enige aksie ondersteun wat daarop gemik is om die spesifieke klousules wat ons bekommer binne die wetsontwerp, by wyse van ʼn litigasieproses aan te spreek.”

Só sê Francois Wilken, president van VL, ná die aankondiging dat die Portefeuljekomitee oor Openbare Werke en Infrastruktuur die Onteieningswetsontwerp (B23 -2020) op versoek van die ANC, eers teruggehou word voordat dit na die parlement gaan.

Die portefeuljekomitee het op 14 September 2022 vergader vir die oorweging en aanvaarding van die verslag om die Onteieningswetsontwerp goed te keur, sonder noukeurige oorweging van openbare insette.

“Hierdie wetsontwerp het verreikende gevolge vir elke burger. VL se grootste bekommernis is dat die wetsontwerp onteiening teen nul vergoeding in die hande van die regering en sy staatsamptenare sal toelaat en die mag sal vestig. Die wetsontwerp sal verder die las op die eienaar plaas om sy of haar regte op eie koste te verdedig.”

Die volgende portefeuljekomiteevergadering is voorlopig vir 20 September 2022 geskeduleer, waartydens die komitee se verslag ten opsigte van die Onteieningswetsontwerp waarskynlik gefinaliseer sal word.

Vir meer inligting, kontak Francois Wilken, president van VL, by 083 390 1831. – Persverklaring, Vrystaat Landbou

Comments

  • Jana Naudé
    September 19, 2022 at 10:32 am

    Môre!
    Sluit dit plotte in op trust grind?

    Groete

    • AgriOnline
      September 19, 2022 at 12:09 pm

      Hi Jana. Ek weet regtig nie. Jy kan Francois Wilken skakel by 083 390 1831 vir meer inligting.

Add a comment
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon