Archives

Nampo 2022 – Suksesvol in die sakkie

Featured Ad


Na ‘n afwesigheid van twee jaar is #Nampo2022 iets van die verlede en in die spreekwoordelike sakkie. Vanjaar het meer as 60 000 mense dié landbouskouspel in Bothaville bygewoon en volgens Du Toit Wessels, assistent bestuurder: Nampo en Bemarking, is alle verwagtinge oortref.

 

Persvrystelling

 

Senwes het oudergewoonte reggestaan met ‘n dinamiese produkaanbod vir feesgangers.

Nasie in Gesprek

Op Nampo Park het Nasie in Gesprek relevante landbou onderwerpe hanteer en het die gespreksforum ‘n besonderse mylpaal bereik: 10 jaar as Suid-Afrika se mees gesogte landbougeselsprogram. Die forum het in 2013 ontstaan onder die vaandel van die destydse Senwes Toekomsfokusdag.

Volgens Francois Strydom, Senwes Groep hoof uitvoerende beampte en beskermheer van die gespreksforum, het Nasie in Gesprek ‘n lansie gebreek vir die totale voedsel-en veselwaardeketting deur begrip en bewustheid te kweek. “Deur impakvolle gesprekvoering is daar nie net daarin geslaag om kennis te verbreed nie, maar ook beïnvloeding te laat geskied oor aspekte wat die landbousektor betref – aspekte wat onlosmaaklik deel is van die groter Suid-Afrikaanse sosio-ekonomiese landskap.”

Vanjaar se gesprekke is deur Theo Vorster en Wandile Sihlobo gefasiliteer.

Senwes by Nampo

Senwes Equipment se kundige bemarkers was op hul pos by John Deere, Staalmeester en Falcon, terwyl die Senwes integrasiespan die Senwes Wenakker beman het. Laasgenoemde het aan feesgangers ‘n kykie na integrasie in aksie gegee en het die span die oorkoepelende Senwes produkaanbod aan belangstellendes deurgegee.

Hinterland se stalletjie was deurentyd ‘n miernes van bedrywighede en besoekers is op ‘n eietydse kuier-koopervaring getrakteer. Hierbenewens het die Senwes Kaalvoet-kinderparkie vir die kleinspan gesorg en die Senwes skoonmaakdienste het bygedra tot ‘n aangename park ervaring.

Om foto’s van die week te besigtig, besoek Senwes se sosiale media platforms.

 

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon