Archives

Hulp gevra na duisende hektare in Limpopo afbrand

Featured Ad


Plase tussen Polokwane en Mokopane het onlangs deurgeloop onder vernietigende wegholbrande. Die warm weer en sterk winde het bygedra tot die vinnige en verwoestende verspreiding van hierdie brande wat alle wild- en beesweiding verwoes het.

Ongeveer 30 000ha is met hierdie brande verwoes en 17 plaaseienaars is hierdeur geaffekteer. Een huis het heeltemal afgebrand en ongeveer 2 000 beeste en 1 800 stuks wild is met geen weiveld gelaat.

Gegewe die feit dat die reënseisoen in hierdie area eers vanaf Oktober/November plaasvind, het hierdie vee en wild dringend voer vir die volgende twee maande nodig.  

Plase tussen Polokwane en Mokopane het onlangs deurgeloop onder vernietigende wegholbrande wat vinnig versprei.

Agri Limpopo lewer pleidooi vir skenkings

Die geskatte behoefte soos volg:

  • 15 tot 20 grasbale per bees vir die volgende twee maande.
  • 10 tot 15 grasbale per dier (wild) vir die volgende twee maande.
  • 10 tot 15 lusernbale per dier (koedoes) (blaarvreter) vir die volgende twee maande.

Geskatte kostes soos per kwotasie:

  • Grasbale: R80/baal.
  • Lusernbale: R128/baal.

Geskatte totale koste op minimumbehoefte:

  • 15 grasbale x 1 bees: R1 200 x 2 000 beeste = R240 000.
  • 10 grasbale x 1 wild: R800 x 1 500 stuks wild = R120 000.
  • 10 lusernbale x 1 wild (koedoe): R1 280 x 500 koedoes = R64 000.

Geskatte totale koste op minimumbehoefte:

  • 15 grasbale x 1 bees: R1 200 x 2 000 beeste = R240 000.
  • 10 grasbale x 1 wild: R800 x 1 500 stuks wild = R120 000.
  • 10 lusernbale x 1 wild (koedoe): R1 280 x 500 koedoes = R64 000.

Minimum totale behoefte: R424 000.

Fondse kan na Agri Limpopo se rekening oorbetaal word:

AGRI LIMPOPO.

FNB.

Rekeningnommer: 62600294087

Takkode: 250155.

Verwysing: Fire.

Kontaknommer: 015 065 0669.

– Persverklaring, Agri Limpopo

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon