Archives

Covid-19-ramptoestand opgehef – Wat jy moet weet

Featured Ad


Na meer as twee jaar het President Cyril Ramaphosa die ramptoestand vir die Covid-19-pandemie opgehef. Dié ramptoestand is op 15 Maart 2020 ingestel.

https://agtag.co.za/category/14/post/30575

Na aanleiding van die aankondiging, wat Maandagaand gedoen is, is dit belangrik om van die volgende kennis te neem.

  • Daar word weggedoen met inperkingsvlakke.
  • Die dra van maskers in die ope lug en by buitelug-byeenkomste is nie verpligtend nie. Dit bly egter verpligtend om ‘n masker binnenshuis te dra, dus in winkels, kantore, fabrieke en restaurante, maar ook in taxi’s, busse en treine.
  • Groot byeenkomste mag tot 50% van die kapasiteit van ‘n lokaal of stadion vul, met geen perk op die maksimum nie, maar slegs indien mense wat dit bywoon óf bewys toon dat hulle ingeënt is óf van ‘n negatiewe koronavirus-toetsuitslag wat minder as 72 uur vantevore gedoen is. As inenting of negatiewe toetsuitslae nie vereis word nie, is die perk 1 000 mense binnenshuis of 2 000 by buitelug-byeenkomste, maar nie meer as 50% van die kapasiteit van die lokaal nie.
  • Toeriste mag Suid-Afrika nou binnekom met so min as ‘n antigeentoets (die blitstoets). Toeriste wat ten volle ingeënt is, hoef nie vir die SARS-CoV-2-virus getoets te word nie. Dié wat nie ingeënt is nie, moet ‘n negatiewe polimerasekettingreaksietoetsuitslag toon wat minder as 72 uur oud is. Toeriste wat positief getoets word vir SARS-CoV-2, sal tien dae lank moet isoleer.
  • Die ramptoelae van R350 per maand vir werkloses sal steeds uitbetaal word totdat die departement van maatskaplike ontwikkeling die regulasies opstel wat voorsiening maak vir die voortduur daarvan tot Maart 2023.
  • Die regulasies oor rybewyse wat verval het, bly van krag. Enige tydelike, permanente of professionele rybewys wat tussen 26 Maart 2020 en 31 Maart 2022 verval het, bly geldig tot 15 April 2022.
  • Alle regulasies oor die isolasie van mense met Covid-19 val weg.
  • Die vergoedingskema vir newe-effekte van die Covid-19-inentings bly in werking vir die klein persentasie mense wat ernstig siek word daarvan.
Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon