Archives

Brandstofpryse weer op rekordvlakke

Featured Ad


Desondanks die verlaging in die algemene brandstofheffing het die prys van diesel en ander brandstof vandag gestyg.

https://agtag.co.za/category/14/post/30578

Volgens ‘n verklaring wat deur die Automobiel-Assosiasie (AA) uitgereik is bring die vermindering in die algemene brandstofheffing tot R2,44 per liter gedurende April en Maart tydelike verligting vir verbruikers, maar brandstofpryse bly op rekordvlakke.

Die prys van 93 oktaan-petrol styg met 28c/liter, terwyl 95 oktaan-petrol met 36c/liter sal toeneem. Die prys van diesel met 0,05% swael neem met R1,53/liter toe en die prys van diesel met 0,005% met R1,69/liter. Die prys van paraffien neem toe met R2,66/liter.

Volgens die AA is die grootste aandrywer van dié toenames die styging in die prys van ruolie. Die onlangse versterking van die rand teenoor die dollar het ‘n effense demper op die finale prysverstellings vir April geplaas.

Geen kitsoplossing

Die AA sê dit besef daar is geen kitsoplossing om stygende brandstofpryse teen te werk nie en dat die huidige hoë pryse nie volhoubaar vir verbruikers is nie gegewe die feit dat hulle reeds met hoër kragkostes en voedselpryse te kampe het.

Die assosiasie meen egter dat die vermindering van die algemene brandstofheffing noemenswaardig is aangesien dit bewys dat die regering die stygende brandstofpryse as ‘n ernstige kwessie beskou. Die regering het ook voorts aangedui dat verskeie ander voorstelle oorweeg word om die stygende brandstofkoste te bestuur.

Wat die regering ook al oorweeg, moet egter volgens die assosiasie so vinnig as moontlik toegepas word aangesien die styging van brandstofpryse waarskynlik op die kort tot middeltermyn sal voortduur, veral aangesien die situasie in die Oekraïne nog nie opgelos is nie. Laasgenoemde plaas verdere druk op internasionale brandstofpryse.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon