Archives

Brahmanbul behaal rekordprys op veiling in Limpopo

Featured Ad


‘n Sesjarige Brahmanbul is op Saterdag, 26 Maart, in Limpopo vir die rekordprys van R1 miljoen opgeveil.

https://agtag.co.za/category/14/post/30555

Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Ut elit tellus, luctus nec ullamcorper mattis, pulvinar dapibus leo.

Dié bul, WIL 16-63 Sleeping Giant, is geteel deur Willie Becker van Nedibest Brahmane in die distrik Mogwadi in Limpopo. Hy is as tweejarige deur Paul Duarte van Duarte Cattle & Game Breeding in die distrik Roedtan gekoop en is nou aan Marius de Beer van Keerom Brahmane in die distrik Dwaalboom verkoop.

Volgens Sietze Smit, rasdirekteur van die Brahman-beestelersgenootskap van Suid-Afrika, is dié verkoopprys ‘n aanduiding van volgehoue vertroue om in die ras te belê. Hierdie vertroue word versterk deur die resultate van deurlopende plaaslike navorsing wat help om hierdie ras se vele sterk punte duideliker te identifiseer en selfs sy swakhede, waaraan dan gewerk kan word.

De Beer het aan Landbouweekblad gesê dat WIL 15-63 mooi inval by sy stoetery se selektiewe bloedlyne. Die bul is veral bekend vir die teel van uitstekende vroulike kalwers en volgens De Beer gaan Suid-Afrika nie in die volgende vyf jaar weer so ‘n bul sien nie.

Show Buttons
Hide Buttons
Right Menu Icon